Kort Geskiedenis...
Die 'Nederduitse' in die naam dui daarop dat die historiese wortels van hierdie kerk in die laer 'duitse' lande of Nederland lê. Die ontstaan van die NG Kerk is terug te voer na die landing van Jan van Riebeeck en sy Nederlanders op 6 April 1652 toe hy ’n verversingstasie vir die Nederlandse Oos Indiese Kompanjie aan die Kaap kom stig het. Saam met lede van die Nederduitse Gereformeerde Kerk het hy as't ware die opening van die nedersetting met ’n gebed waargeneem.
In 1665 word die eerste NG Kerk-gemeente, Kaapstad, gestig. In die volgende jare groei die bevolking, eers met die aankoms van die Hugenote en later deur die koms van die Britse Setlaars. Hierna vermeerder die gemeentes stelselmatig met die trek van nedersetters na die binneland. Met die opening van die eerste Sinode op 2 November 1824 was daar reeds 14 gemeentes van die kerk.
Kontak met die inheemse bevolking het ’n unieke geleentheid gebied vir sendingwerk en onderwys. Die kerk se bydrae is egter gekortwiek deur ’n tekort aan predikante en predikante vanaf Nederland en Skotland moes in hierdie tekort voorsien. Deur die Groot Trek in die laat dertigerjare van die 19de eeu, het ’n groot deel van die bevolking oor die noordelike grens (Oranje-rivier) van die Kaapkolonie getrek na die gebiede wat later bekend sou staan as die Oranje-Vrystaat, Natal en Transvaal. Talle nuwe gemeentes het sodoende ontstaan en die behoefte aan predikante het toegeneem. Die golf van liberalisme wat oor Europa gespoel het, het die behoefte aan eie teologiese opleiding vir die NG Kerk gestimuleer en die eerste Teologiese Kweekskool word in 1859 op Stellenbosch gestig.